Saturday, October 9, 2010

Weet jy of jy ʼn afstammeling is van ʼn banneling?

Weet jy of jy ʼn afstammeling is van ʼn banneling?

Stuur jou voorvaders wat in die oorlog was se naam en van na museum@anglo-boer.co.za en vind uit! Solidariteit Radio herdenk volgende week Maandag tot Woensdag die 110-jarige herdenking van boerekrygers wat bannelinge geword het, maak seker jy skakel in op www.solidariteitradio.co.za.

Laai die lys van bannelinge af.

Solidariteit Radio herdenk bannelinge
Met die 110-jarige vieringe van die eerste boerekrygers wat as bannelinge weggestuur is, het Solidariteit Radio besluit om dit volgende week te herdenk. www.solidariteitradio.co.za sal vanaf Maandag om 08:00 tot Woensdag om 17:00 die 32 000 name van hierdie boerekrygers wat bannelinge geword het lees. Maak seker jy skakel ook in vir hierdie opwindende eerste in Suid-Afrika.


Nota: Willem Ruurd en Jan van der Wal was bannelinge (krygsgevangenisses) gewees, en hulle name verskyn op die lys van bannelinge (skakel hier bo)

Winde van verandering

Die vanderwal.co.za webwerf gaan binnekort 'n bietjie anderste lyk, die hoofbladsy is herontwerp om 'n bietjie meer moderne en kleurvolle aanslag te hê.

Hou hierdie spasie dop...

Groete aan almal

Friso van der Wal

Tuesday, May 25, 2010

Liza Minne Sterf

Liza Minne Sterf

Dit is met ‘n swaar gemoed dat ons jul meedeel, Liza Minne is oorlede op Sat 17 April 2010.
Liza was een van ons tak se top vroueskuts, en het vir die afgelope paar jaar in verskeie portefeuljes op die tak se bestuur gedien. Sy was ‘n ook baie ervare en aktiewe jagter. Haar ondervinding en bydrae op tak-verband gaan verseker gemis word. Ons betuig innige meegevoel aan haar man André, asook vriende en ander familie.

SAJWV - PRETORIA OOS
http://www.ptaooshunters.co.za/







http://www.ptaooshunters.co.za/

Wednesday, May 5, 2010

Twee VAN DER WAL webwerwe op die Internet

Huidiglik is daar twee VAN DER WAL webwerwe op die internet, nl. http://www.vanderwal.za.cx/ (oorspronklike) en die http://www.vanderwal.co.za/ (huidige). Beide se inhoud is basies dieselfde, maar die http://www.vanderwal.co.za/ webwerf is tans die amptelike en meer opgedateerde webwerf.

Die oorspronklike webwerf behoort nie meer te bestaan nie, maar die probleem het ingetree nadat die bediener (server) waarop die oorspronklike webwerf gestoor word, verkoop is deur die eienaar in Engeland. Dit het daarna toe gelei dat ek gladnie meer toegang het tot hierdie webwerf nie, wat dus veroorsaak dat geen nuwe opdaterings kan plaasvind nie. Tot dusver kon ek ook nie die nuwe eienaars van die bediener opspoor nie, wat my genoodsaak het om ‘n nuwe domain name, nl. http://www.vanderwal.co.za/ te registreer en die inhou basies “oor te bou” wat nou tans die huidige amptelike VAN DER WAL webwerf in Suider-Afrika is.

J.F. van der Wal
(Die ontwerper, wat die tegniese versorging en ruimte onderhou op die VAN DER WAL webwerf)

Die nuwe Van Der Wal spoegblok

Ek het dit goed gedink om 'n spoegblok vir die VAN DER WAL webwerf daar te stel om enige tipe nuus gebeure, projekte, voorstelle, idees, aankondigings, wat ookal jy wil se, hier op die van der Wal spoegblok jou se te kan se. Die idee is om alle familielede, vriende of enigeen kennisse ‘n kans te gee om insette te kan lewer van watter aard ookal.

Friso van der Wal