Tuesday, May 25, 2010

Liza Minne Sterf

Liza Minne Sterf

Dit is met ‘n swaar gemoed dat ons jul meedeel, Liza Minne is oorlede op Sat 17 April 2010.
Liza was een van ons tak se top vroueskuts, en het vir die afgelope paar jaar in verskeie portefeuljes op die tak se bestuur gedien. Sy was ‘n ook baie ervare en aktiewe jagter. Haar ondervinding en bydrae op tak-verband gaan verseker gemis word. Ons betuig innige meegevoel aan haar man AndrĂ©, asook vriende en ander familie.

SAJWV - PRETORIA OOS
http://www.ptaooshunters.co.za/







http://www.ptaooshunters.co.za/

Wednesday, May 5, 2010

Twee VAN DER WAL webwerwe op die Internet

Huidiglik is daar twee VAN DER WAL webwerwe op die internet, nl. http://www.vanderwal.za.cx/ (oorspronklike) en die http://www.vanderwal.co.za/ (huidige). Beide se inhoud is basies dieselfde, maar die http://www.vanderwal.co.za/ webwerf is tans die amptelike en meer opgedateerde webwerf.

Die oorspronklike webwerf behoort nie meer te bestaan nie, maar die probleem het ingetree nadat die bediener (server) waarop die oorspronklike webwerf gestoor word, verkoop is deur die eienaar in Engeland. Dit het daarna toe gelei dat ek gladnie meer toegang het tot hierdie webwerf nie, wat dus veroorsaak dat geen nuwe opdaterings kan plaasvind nie. Tot dusver kon ek ook nie die nuwe eienaars van die bediener opspoor nie, wat my genoodsaak het om ‘n nuwe domain name, nl. http://www.vanderwal.co.za/ te registreer en die inhou basies “oor te bou” wat nou tans die huidige amptelike VAN DER WAL webwerf in Suider-Afrika is.

J.F. van der Wal
(Die ontwerper, wat die tegniese versorging en ruimte onderhou op die VAN DER WAL webwerf)

Die nuwe Van Der Wal spoegblok

Ek het dit goed gedink om 'n spoegblok vir die VAN DER WAL webwerf daar te stel om enige tipe nuus gebeure, projekte, voorstelle, idees, aankondigings, wat ookal jy wil se, hier op die van der Wal spoegblok jou se te kan se. Die idee is om alle familielede, vriende of enigeen kennisse ‘n kans te gee om insette te kan lewer van watter aard ookal.

Friso van der Wal