Wednesday, May 5, 2010

Die nuwe Van Der Wal spoegblok

Ek het dit goed gedink om 'n spoegblok vir die VAN DER WAL webwerf daar te stel om enige tipe nuus gebeure, projekte, voorstelle, idees, aankondigings, wat ookal jy wil se, hier op die van der Wal spoegblok jou se te kan se. Die idee is om alle familielede, vriende of enigeen kennisse ‘n kans te gee om insette te kan lewer van watter aard ookal.

Friso van der Wal

1 comment:

  1. Ek wil graag die volgende gedig aan my oupa, Jan Friso (Loftie) van der Wal toewy. Vandag sou sy 84ste verjaarsdag gewees het. Hy is in 1926 gebore.

    Elke spyker ken sy plek
    Sy hande vir niks ooit krom
    Die beste werk by uitstek
    Sy lippe vir raad nooit stom

    Hy verf jou hart versigtig
    rooi met die lewe se lag
    Geen guns vir hom ooit verplig
    Sy antwoord geduldig sag

    Hy bou ‘n vors nageslag
    met konkrete fondament
    Ons groet die groot man vandag
    Sy liggaam na gees gewend

    Die laaste spyker in jou kis
    Deurboor ons harte gewis

    Van oupa se kleinkind
    Noelene

    ReplyDelete